Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses wil Sewes-titel laat blom

Roses wil Sewes-titel laat blom
 
2011-09-15


DIE 2010-seweskampioen, Roses United, sal weer hul kroon kom verdedig in die Erfenisdag-sewestoernooi wat op 23 en 24 September op die Dal Josafat-sportgronde beslis word.

Roses sal alles in hul vermoë doen om die gesogte Vivian Matthee-trofee weer saam te neem Wellington toe.

Die Paarl Rugbystreek in samewerking met AC Rottweiler, die Drakenstein Munisipaliteit en die Boland-rugbyunie, bied dié toernooi aan.

Sestien klubs van WPRFU en 8 klubs van die Boland-unie sal Vrydag in die groepfases meeding terwyl die uitkloprondes Saterdag gespeel word.

Sterker teenstand kan egter verwag word aangesien Villagers (Pniel) en Franschhoek United vanjaar ’n verskil wil kom maak. Die bekenstelling en loting van die toernooi geskied Maandag om 19:00 by STUMPS te Boland Park-krieketstadion.

Inskrywing is gratis en alle hek-inkomstes sal as deel van die rugbyklubs se gemeenskapsbetrokkenheid aan welsynsorganisasies geskenk word. Die toegangsfooi is R10. Vir navrae, kontak Kevin Benjamin by 082 731 4879.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za