Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Atlete huldig 'n legende

Atlete huldig 'n legende
 
2011-09-15


WANNEER atlete op 1 Oktober in die derde Adam Kock 10 km padwedloop voor die Zomerlust Spar in Hoofstraat wegspring, sal hulle harte uitgaan na die familie van Adam Kock wat vandeesweek op die ouderdom van 75 jaar oorlede is.

Kock, ’n bekende sportman in die Paarl en na wie hierdie wedloop vernoem is, is Maandag na ’n kort siekbed oorlede.

In sy sportloopbaan het hy groot bydraes gelewer tot rugby en atletiek. Hy het 27 jaar lank rugby vir Rangers gespeel en was later ook as adminstrateur betrokke.

Op atletiek-gebied het hy diep spore getrap. Nie alleen het hy in wedlope uitgeblink nie, maar ook as administrateur.

Hy was die eerste voorsitter van die destydse Huguenot Harries-atletiekklub wat in 1979 gestig is. Hy het ook by twee geleenthede die SA Meestersatletiekspan oorsee verteenwoordig. Hy het verskeie toekennings van WP Atletiek, Boland Atletiek en van die Paarl-Oos Oudlede ontvang.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za