MY hart is vanoggend baie seer nadat ek die brief van “moeg vir ongelukke” gelees het.
As ek die betrokke skrywer se naam geweet het, was dit dalk nie nodig om openbaar met my seerkry te gaan nie. Bogenoemde briefskrywer het egter nie geskroom om Henré Rossouw se naam aan haar/sy ”reguit praat” te koppel nie en dan so kort na sy vertrek uit ons midde.
Ek het Henré sien grootword. Op ’n stadium was hy regtig baie groot en soms erg stout, maar die laaste twee jaar het Henré, met die genade van ons Here Jesus Christus, sy lewe so omgekeer dat hy van binne en buite heeltemal verlig was.
Aan elkeen wat hom ’n kans gegun het, ons is saam met julle opgewonde oor die vordering wat hy nou verder gaan maak en ja, ons moet almal stadiger ry in die Hoofstraat!
Caro Bruwer