VERLEDE maand het ek as pensionaris ’n munisipale rekening van R1527,15 ontvang.
Nadat ek die rekening sorgvuldig nagegaan het, verskyn die woorde “vervang gesteelde watermeter” op my rekening, dus R1173,99 bo my eie gebruik.
Verwag die Munisipaliteit dat ek as pensionaris deur die nag by my watermeter moes waghou?
Ek wonder of ek ook bedags by die vullisdrom moet wagstaan, want deesdae word vullisdromme as vervoermiddel gebruik.
Wat van ander belastingbetalers wat hul wonings soggens verlaat om te gaan werk?
Laat dit vir ons almal, selfs pensionarisse soos ek, ’n waarskuwing wees.
Ontnugterde belastingbetaler
According to the municipal communications officer, May Carolissen: “The water supply, Sanitarian Services and Industrial effluent By-Law (18 of 2007) Part 5-(32) 4 stipulates that consumers are liable to protect their water meter against theft and if the meter is stolen, replacement cost must be paid.”