Groot trek vir Paarl biblioteek
2011-09-15
NÁ die Paarl-bib- lioteek amper 45 jaar in die ou Victoriaanse huis in Meulstraat gehuisves was, trek dit eersdaags 80 000 boeke en al, na die gebou op die hoek van Hoof- en Markstraat. Die grondvloer word tans omskep en sal dubbeld die vloerruimte bied as by die Meulstraat-biblioteek die geval was. As gevolg van die verhuisingsproses kon biblioteekgebruikers ekstra boeke uitneem en is die leentydperk verleng tot aan die einde van Oktober, wanneer beoog word om oop te maak. Alhoewel die Meulstraat-biblioteek nou gesluit is, kan lesers wel biblioteekmateriaal terugbring. Vanaf volgende week sal voorbereidings getref word vir voorraadopname en daarna sal die hele biblioteek, wat 80 000 boeke bevat, opgepak en oorgetrek word na die nuwe gebou. Die nuwe biblioteek spog met ’n studiesaal en rekenaarsentrum met Internet-toegang tot die beskikking van die Drakenstein-publiek. Alle ander biblioteke in die munisipale gebied is gedurende die ses weke wat opgepak en getrek word, oop vir lede van die Drakenstein-biblioteekdienste - Wellington, Van Wyksvlei, Saron, Gouda, Drakenstein, Mbekweni en Groenheuwel.
More
News
|