Hondjie help met seepgladde slenter
2011-09-15
DIE publiek van Wellington word gewaarsku om nie in die slagyster te trap van 地 seepgladde jong man se mooipraatjies nie. Hierdie goedgeklede, jong bruinman, klop aan by wonings en vertel 地 lang storie van hoe sy voertuig sonder petrol gaan staan het. Hy voer aan dat hy 地 onderwyser by Wellington Prim靡 is en dat hy onderweg was na 地 skoledag. Sy motor staan glo naby geparkeer, maar niemand kon nog die registrasienommer verskaf nie. Hy sal dan sodra hy kan, die geld terugbring. Hy word egter nie weer gesien nie. Verskeie inwoners van Wellington-Oos is reeds met hierdie slenter gevang en die verdagte doen dit al 地 geruime tyd. Hy het ook al kinders gebruik om hom te vergesel en meer onlangs gebruik hy 地 hondjie om op die gevoelens van sy slagoffers te speel. Enigiemand met inligting, veral van die registrasienommer, kan die Wellington speurders skakel by 021 864 9600.
More
News
|