Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Belowende jong man sterf

Belowende jong man sterf
 
2011-09-15

Lise Beyers

NOG ’n Paarlse gesin is die afgelope naweek in rou gedompel, toe hul seun in ’n motorongeluk gesterf het.

Die tragedie het in die vroeë oggendure Sondag op die R44 naby Windmeul afgespeel.

Adriaan Reeders (19), bekend onder sy vriende as Boer, was onderweg na die Paarl nadat hy ’n vriend by sy huis op die Paardebergpad afgelaai het. Hy het vermoedelik beheer oor sy voertuig verloor en ’n betonwal getref. Hy is op die toneel dood.

Hierdie ongeluk kom twee weke na nog ’n tragiese motorongeluk waarin ’n Boishaai matriekleerder, Henré Rossouw in die Paarl Hoofstraat dood is.

Adriaan het verlede jaar aan die Hoër Landbouskool matrikuleer. Hiér was hy reeds ’n kranige rugbyspeler, maar sy groot liefde was vir visvang.

Hy het vanjaar vir die Wes-Kaap Kushengel-assosiasie o.21 gehengel en aan die Universiteit van Stellenbosch begin studeer in Akwakultuur.

Adriaan word oorleef deur sy ouers, Riaan en Johanette, en sy suster Hildé (16).

Die begrafnis vind vanmiddag om 15:00 plaas vanuit die Toringkerk, Paarl.

* Another Paarl family is in mourning after the death of a son in a motor accident.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za