Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sindikaat sleep kabels weg

Sindikaat sleep kabels weg
 
2011-09-15

Lise Beyers

’n SINDIKAAT skrootdiewe is Maandag oopgevlek nadat derduisende rande se koperkabels by ’n plaaslike besigheid gesteel is.

Paarl polisie is omstreeks 02:00 Maandagoggend ingelig oor verdagte bedrywighede buite ’n Daljosafat maatskappy, DivFoods.

’n Insleepvoertuig het daar buite die hekke gewag en kort-kort het sekuriteitswagte met die bestuurder gaan praat.

Die polisie het nie toegeslaan nie, maar het eerder die bewegings van die insleep-voertuig dopgehou.

Daar is vasgestel dat die bestuurder die voertuig gebruik het om in die middernagtelike ure na Kuilsrivier te ry, sonder die eienaar se toestemming.

Die polisie het by Klapmuts die voertuig ingewag en toegeslaan.

Hierna het ’n prentjie ontvou van die diefstal van ’n reuse hoeveelheid splinternuwe koperkabels van Nampak DivFoods, ter waarde van ongeveer R80 000.

Volgens inligting is twee sekuriteitswagte wat werksaam was op dié maatskappy se perseel, asook twee insleepdiensbestuurders, kop-in-een-mus.

Die wagte het na bewering Sondagoggend eenvoudig ’n hek van DivFoods in Van der Stelstraat oopgesluit en die “vervoerders” toegang gegee tot die perseel.

Een van insleepdiensbestuurders het glo selfs ’n groter voertuig met ’n platbak onregmatig vanaf sy werksplek, ook in Daljosafat, gaan haal om die koperkabels van ongeveer een ton te laai.

Hierna is die bestuurders na ’n woning in Kuilsrivier waar die kabels afgelaai is. Vandaar sou dit na ’n skroothandelaar geneem word.

Die vier verdagtes is nog nie amptelik aangekla nie en dus mag hul name nog nie verstrek word nie.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat nog persone betrokke is, maar teen druktyd wou die Paarl polisie nie verder kommentaar lewer nie.

Dit is nie die eerste keer dat fabrieke hier deurloop nie.

In die verlede was daar ook voorvalle hiér van koperdiefstal waar sekuriteitswagte ook betrokke was.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za