LUISTER op 25 September om 18:00 na ’n uitvoering van ’n uniek Paarlse koor – die Frank Pietersen Musiekskool Volwasse Koor, Paarl Voices.
Die koor is 40 stemme sterk en onder leiding van die koor- en musiekervare Johannes Schickerling, wat bekend is vir sy betrokkenheid by menige kore.
Gaskunstenaars vir die aand is Mascha van’t Spijker met haar Bajan, Arno Jones wat die koor begelei en ook die orrel bespeel en Rudi Engel met sy trompet.
Kaartjies teen R50 (R30 vir kinders) is by die deur te koop.
Kom verlustig jou in die roerende klanke van ’n koor uit eie bodem.
Vir navrae, skakel Johannes Schickerling 073 231 4791.