DIE Wellingtonner Theo Kemp, skrywer van die roman Skool, is die spreker by die Woordpret op 23 September by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal in Banghoek-weg 115, Stellenbosch.
Kemp se debuutroman handel oor armer skole met dwelmverslawing, skoolhoofde wat hul verantwoordelikhede ontduik, onderwysers wat eerder sosiaal verkeer as om skool te hou en ryker skole met korrupsie, arrogansie en eetversteurings.
”Die boek gaan uiteindelik oor hoop en betrokkenheid,” sê Kemp, uitvoerende hoof van die Breytenbach-sentrum in Wellington en programbestuurder van die KKNK.
Wyn, sap en ligte verversings is vanaf 12:30 beskikbaar en Kemp is om 13:00 aan die beurt.
Kaartjies (R25) is beskikbaar by Cecile of Tanja voor 21 September by 021 887 3113.