Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laat die stories loop op Erfenisdag

Laat die stories loop op Erfenisdag
 
2011-09-15


DIE storieverteller Dirk van Schalkwyk tree op nasionale Erfenisdag, 24 September, by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl op.

Van Schalkwyk, ’n voormalige hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), beskryf homself as “’n motiveringspreker met humoristiese stories en interessante taalverskynsels.”

Hy tree gereeld op by feeste en het aan die program Met permissie en Die tale wat ons praat, op RSG deelgeneem. Van Schalkwyk se humoristiese boek Sê jou sê met ’n glimlag, asook ’n CD met sy komiese vertellings, sal te koop aangebied word teen R100.

Die program vind vanaf 15:00 tot 16:30 by Volksmond Koffiewinkel by die monument plaas. Kaartjies teen R35 sluit ligte verversings in. Kaartjies is beskikbaar by Amira Clayton by 021 872 3441 of by Volksmond Koffiewinkel (021 863 2800).




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za