Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boeresport by fondsinsamelingsdag

Boeresport by fondsinsamelingsdag
 
2011-09-15


OP Saterdag 24 September vanaf 09:00 word ’n fondsinsamelingdag by Dal Josafat-stadion gehou ter ere van Jacob, die twee-jarige seuntjie wat in ’n brand by Miriam se kinderhuis in Mbekweni gesterf het.

Die dag gaan groot sports inhou vir die hele gesin. Daar sal verskeie kunstenaars optree. Daar gaan ’n potjiekoskompetisie wees teen R60 ’n span (maksimum 4 mense) en ná die kompetisie sal die potjiekos verkoop word.

Verskeie boeresportaktiwiteite sal aangebied word en daar sal ’n hele paar kompetisies wees met pryse. Daar gaan ook springkastele, gesigverf, geluktrekkings, ’n sewes-rugbytoernooi en stalletjies wees.

Vir die manne sal die rugby op ’n groot skerm uitgesaai word in die biertent.

Om die dag ’n sukses te maak, benodig hulle 18 pryse vir die sportspanne, twee vlugballe, twee rugbyballe, twee vlugbalnette, twee sokkerballe, braaidromme en hout.

Toegangsfooi is R10 (R5 vir kinders). Indien jy belang stel om ’n stalletjie op te sit, kontak Danélle Marais by 083 3015 708.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za