Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Beste Boland-atlete in aksie op Dal

Beste Boland-atlete in aksie op Dal
 
2005-03-03


AANSKOULIKE atletiek sal die naweek op Daljosafat Stadion te sien wees wanneer die Boland se Jeug en Junior Atletiekkampioenskappe vir hoërskole hier aangebied word.
Daar word verwag dat meer as 1000 van die Boland se beste atlete aan dié byeenkoms sal deelneem wat gesamentlik deur Boland Atletiek en Boland Ussasa gereël word.
Onder dié atlete tel meer as 30 atlete wat medaljes gewen of in die finale geëindig het tydens verlede jaar se SA Jeug en Junior Kampioenskappe.
Atlete sal tydens die naweek se kampioenskappe kan kwalifiseer vir die Wes-Kaapse Hoërskole Kampioenskappe en SA Hoërskole Atletiek Kampioenskappe wat oor die volgende twee naweke ook in die Paarl plaasvind.
Tydens die onderskeie Boland Streekskampioenskappe het meer as 400 atlete meer as 700 punte op die APE-tabelle behaal, wat daarop dui dat toeskouers die naweek kan uitsien na uitstekende atletiek.
In die 100m vir junior mans het Julian Thomas (Robinvale), Clayton Engelbrecht (Weston), Jason Malgas (Paarl Gim), Nicolas Manroe (Paul Roos) en Walter Bird (Klein Nederburg) almal al vinniger as 11 sekondes gehardloop.
In die seuns se jeug-kategorie sal die mededinging ewe straf wees tussen Jason Cleophas (Dirkie Uys), Wilhelm van der Vyver (Paul Roos), Louw Smit (Paarl Gim) en Gueron Kulsen (Noorder-Paarl) wat ook al almal die 100m in onder 11 sekondes afgelê het.
In die afwesigheid van die spiesgooier Johan Oosthuizen, wat ’n silwermedalje verower het tydens verlede jaar se Wêreld Jeug Kampioenskappe en nou ’n junior atleet is, kan ’n titaniese stryd verwag word tussen Fernie Kitshoff (Paarl Gim), Jacques du Preez (Parelvallei), Carinus de Kock (Hoër Jongenskool), Ricardo Fielies (Klein Nederburg), en Gerhard Groenewald (Augsburg Landbou). Al vyf dié atlete het dié seisoen die spies al meer as 60m ver gegooi.
In die hamergooi vir jeug seuns word ook ’n taai stryd verwag tussen Heinrich Gonzales (Robertson), die huidige SA Jeug Kampioen, en Jean Rossouw (Paarl Gim) wat albei vanjaar reeds die hammer 60m ver laat grondvat het.
Die kampioenskappe begin reeds om 15:30 Vrydagmiddag, met die meeste van die uitdunkompetisies wat dan afgehandel sal word. Saterdag se aksie begin reeds om 05:30 met die 10km en 5km stap.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za