Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Immanuel dankfeesbasaar

Immanuel dankfeesbasaar
 
2005-11-03


DIE VGK Immanuel Gemeente hou môre en Saterdag hul dankfeesbasaar op die kerkgronde.

Feestelikhede begin môreaand met karaoke van 19:00 tot 22:30.

Toegang beloop R5 (R3 vir kinders). Speletjies en ligte verversings word deur die jeug aangebied.

Saterdagoggend kan ontbyt vanaf 07:00 genuttig word. Die amptelike opening vind om 10:00 plaas, waarna by 18 wykstalletjies ’n verskeidenheid koeke, brode, poedings, vars groente en vrugte, plantsoorte, gemmerbier, lekkers en nog vele meer gekoop kan word.

Van die restaurant-etes sluit potjiekos, gebakte vis en tjips, braaivleis en worsrolletjies in. Vir die kleinspan is daar gesigverf, waterglybaan, springkasteel en ander speletjies.

Etes kan by die kerkkantoor bespreek word voor Saterdag. Bel Katharine Dyson by 862-7429 vir navrae.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za