Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ondersteuningsgroep vir Ouma Granny Huismuseum

Ondersteuningsgroep vir Ouma Granny Huismuseum
 
2005-11-03


ALLE belangstellendes word genooi na ‘n vergadering Maandag om 15:00 te Fonteinstraat 37, Wellington, om ‘n ondersteuningsvereniging vir Ouma Granny-huismuseum tot stand te bring.

Die Ouma Granny-huismuseum, ‘n 1876 Victoriaanse huisie, is as toeriste-attraksie baie bekend en bemind vanweë die tuiste van die unieke versameling persoonlike memorabilia van Joyce Hoogenhout wat sy in 1985 aan die destydse Munisipaliteit van Wellington geskenk het.

Die administrasie en bemarking is sedertdien deur die Drakenstein Munisipaliteit se Wellington Toerismekantoor behartig.

Sedert die herstrukturering van die Toerismevereniging funksioneer dié Museum onder die sorg van Wellington Museum.

Gevolglik is dit nou dringend nodig dat daar ‘n besluit geneem moet word wat sal aandui hoe hierdie huismuseum voortaan geadministreer gaan word.

Indien u nie persoonlik teenwoordig kan wees nie, kan voorstelle gefaks word aan die museum by 873-4710.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za