Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stap-stap die berg uit

Stap-stap die berg uit
 
2005-11-03


HIERDIE gaan nog groei tot een van die grootste byeenkomste van sy soort in die Paarl.

Só sê organiseerder Tommie Goliath van die groot stap wat elke jaar in Oktober plaasvind ten bate van Drakenstein Hospice.

Die eerste stap was in 2001, met 271 deelnemers. Vanjaar het sowat 700 mense hul stapskoene aangetrek.

Die byeenkoms groei nie net in getalle nie, maar ook in die aanbieding.

Vanjaar is daar, buiten die gewone 8km pretstap en die 11km Lentestap, ook die eerste keer ’n 22km Bergstap aangebied.

“Die mense was mal oor die roete en het gesê dit is van die mooistes in die Kaap,” vertel Tommie.

Die 63 spanne het by die Paarl Rugbyklub weggespring, met Houtstraat op, deur die waterval, verby Nantes-dam en Krismiskamp gestap, toe van bo af tot by die Taalmonument en amfiteater, en van daar terug verby KWV, die nuwe Paarl Mall en deur die Arboretum.

Elke span het twee lede gehad en oorspronklike name soos ‘The Bald & The Beautiful’, ‘Klipspringers’, ‘Beswaardes’, ‘Die Ou Ballies’, ‘Skoonlief en die Ondier’ en ‘Loslappies’, het vir heelwat pret gesorg.

Die plaaslike stappers het met die meeste van die louere weggestap.

Eerste tuis in die mansafdeling was Niklas Tiras en Rudi Blouw van die Paarlse ESR-span, in ’n tyd van 2uur 50min 48sek.

Die vroue-afdeling is gewen deur Hester en Chantelle Kotzé (Kotzies 2005) in ’n tyd van 2:51:10 en die eerste gemengde span was Team Elangeni, met Wilna Manas en Jeffrey Mouton, in 3:13:36.

Die Ou Ballies van die Paarl, Johan Grobbelaar en Ivan Katts, het die veterane-afdeling gewen in 3:31:50.

Die eerste skoliere oor die wenstreep was Sleep Xstreme van die Cape Town Mountain Club, met Randall Swartz en Valerie Pietersen, in 3:23:40.

* The first Paarl Mountain walk in aid of Drakenstein Hospice proved to be extremely popular.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za