Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Arts Calendar

Arts Calendar
 
2005-11-03


Teaterkafee: Delta Blue is Vrydagaand by Dorpstraat op Stellenbosch en Saterdag is dit Johann Slabbert. Maandag is Bacchus Nel daar, Dinsdag is dit Frank Opperman in die toneelstuk, ‘Mnr de Beer’ en Woensdag is Robert Villain en Pietman daar met World Experience. Bespreek by 886-6107.

Boekpraatjies: John Kannemeyer se langverwagte en uitgebreide literatuurgeskiedenis ‘Die Afrikaanse literatuur 1652-2004’ het pas verskyn. Die outeur sal Saterdag om 11:00 in Protea Boekwinkel (Stellenbosch) met Wium van Zyl in gesprek wees oor dié belangrike publikasie van hom. Saterdag 12 November: Kerneels Breytenbach, uitgewer en kenner van smaaklike disse, het pas ’n boek met resepte gepubliseer, “Die lekkerste lekker”. Hy praat om 11:00 oor die boek. Skakel 882-9100 of besoek www.protea boekhuis.co.za.

Drama: The Boy Who Fell From The Roof will be in the Artscape Arena until Saturday. The play tells the tale of the life and untimely death of a boy called Simon. With his best friend Georgina, our hero falls into the cold bath waters of homosexuality, race, love, death and growing up. Book at Computicket.

Bistro: Sy stem is hemels, sy klavierspel is briljant: Kaapse sanger Emile Minnie sing Saterdag om 20:30 by die Bistro, Strand Pavilion, Kusweg, Strand. Emile se sangstyl herinner aan Jacques Brel en Nina Simone, en sy liedjies, alles oorspronklik, word afgewissel deur sketse van komiese Suid-Afrikaanse karakters. Emile word beskryf as een van die blinkste nuwe sterre op die SA musiektoneel. Sy nuutste CD, ‘Onderwater Drome’, sal na afloop van die konsert te koop wees. Vir navrae en besprekings, skakel 854-4026.

Stories: Om die honderdste herdenking van Herman Charles Bosman se geboortedag te vier, vertel Dorian Haarhoff op Saterdag 12 November op Dombeya-wynplaas naby Stellenbosch stories uit die verhaalskat van Bosman. Bespreking is noodsaaklik by 881-3746 (bedags) en 880-0708 of 082-820-3347 (na-ure).



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za