Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aaangrypende werk in Groote Kerk

Aaangrypende werk in Groote Kerk
 
2005-11-03


DIE Suid-Afrikaanse première van ’n baie interessante werk vind Saterdagaand plaas in die Groote Kerk, Kaapstad.

Die internasionaal-bekroonde Franse horing-speler, Andrew Joy, tree saam met plaaslike tenoor André Serfontein en lede van die Filharmoniese orkes op in ’n uitvoering van Hans Georg Pflüger se “... eisig ist die Welt aussen...”.

Hierdie werk, wat spesifiek aan Joy opgedra is, is op tekste van die outistiese skrywer Birger Sellin, wat ’n kykie gee oor wat alles binne-in die kop van ’n outistiese persoon aangaan.

Pflüger het die gedigte getoonset vir horing, tenoor, slagwerk en strykers wat die tegniese vermoëns van veral die horing en die tenoor tot die uiterste beproef.

Andrew Joy word tans gereken as die beste horing-speler in die wêreld en is verbonde aan die Radio Orkes in Keulen, Duitsland.

Saterdagaand se opvoering is ten bate van die Outistiese Vereniging van die Wes-Kaap (Joy het self ook ’n outistiese kind).

Ander werke op die program sluit in Horing concerti van Haydn en Mozart asook werke van Bach en Whitacre. Ander kunstenaars wat optree, is die Russiese horing-speler Yuri Zuvanov en die WindWorx Simfoniese Blaas-ensemble.

Die konsert begin om 20:00 en kaartjies kan by die deur, of by Elizabeth (082-468-7504), verkry word.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za