Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skitteraand vir Donkie

Skitteraand vir Donkie
 
2005-11-03


AMEEN LEVY gebruik sy kreatiwiteit om mense se armoede te verminder, om die lewe vir hulle makliker te maak, het Harlan Cloete, hoof uitvoerende beampte van Koinonia, verlede week gesê by die bekendstelling van Ameen Rappin’ Donkey Levy se nuwe CD, “Waars die Wind”.

Cloete het Levy geloof vir die agente-stelsel wat hy gebruik om sy CD’s te versprei en gesê in ’n land waar 20 miljoen mense onder die broodlyn leef, is sulke kreatiewe denke noodsaaklik.

“Dan is daar ook Ameen se vermoë om mense saam te trek en te vermaak,” het Cloete gesê onder luide toejuiging van die sowat 400 gaste.

“As ek na hom kyk, sien ek waaroor Christenskap gaan. Te veel mense wil pastore wees - Christenskap gaan oor hoe jy jou lewe lei.
Dit gaan ook om onsself te geniet op elke terrein van die lewe.

“Vir my kinders is die Donkie nie net ’n vriend nie, hy is ’n wonderlike ding!

“Ameen gaan nooit ophou nie - hy geniet die lewe te veel!”

En net om dié stelling te onderstreep, begin Ameen Saterdag met ’n splinternuwe musiekprogram op Radio KC.

“Ek is baie opgewonde hieroor - veral oor die uur wat ek aan boeremusiek gaan afstaan,” lag Ameen.

Hy begin sy program van 18:00 tot 19:00 met plaaslike musiek, en van 19:00 tot 20:00 kan die boeremusiek-liefhebbers naderskuif.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za