Uitstalling met 'n verskil
2005-11-03
JANE BOTHA KUNSHUIS se nuwe uitstalling open op Woensdag 9 November om 18:30 en dié keer sal mense hulle kan verlustig aan ’n groepie uitgelese kunstenaars wat almal ’n verbintenis met die Paarl het.
Daar sal werke wees van onder andere Dawid Botha, Marinda Clift, Lida Deacon, Kim Disney, Evert, Marie Grundlingh, Marie Malherbe, Bongani Mohapi, Stephanie Siegruhn, Solomon Siko, Thelma Bekker, Thembi Mzinzi, Tilla van Huyssteen, Antoinette Veldtman, Jeanne Visser en Michael Walters.
Die uitstalling eindig op 26 November en kan daarna per afspraak gesien word.
More
News
|