Skool skenk aan fonds
2005-11-03
DIE Laerskool La Rochelle het die voorbeeld van Laerskool Drakenstein gevolg, en ’n skenking gemaak aan die Paarl Post Opelugfonds. Hierdie skenking bring vanjaar se insameling te staan op R3110.
Die fonds, wat onder beskerming staan van die ACVV, samel elke Kerstyd fondse in vir die ontspanning en voorligting van die jeug.
Kinders word deur die Opelugfonds betrek by kampe en seminare waar aandag gegee word aan misdaadvoorkoming, gedragsopvoeding en bewusmaking van die gevare van dwelms en Vigs.
Stuur u bydraes aan Paarl Post Opelugfonds, Posbus 248, Paarl 7620.
* The Paarl Post Fresh Air Fund raises funds for educational activities for local children.
More
News
|