Groot slag ná kuier
2005-11-03
JONG mans, na bewering op pad van ’n nagtelike gekuier in Simondium, het vroeg Saterdagoggend ná ’n motorongeluk in ’n sloot beland.
’n Motoris het die oggend om 06:10 die polisie geskakel om “dronk mans op die Simondiumpad” te rapporteer.
Toe die polisie ’n halfuur later op die toneel gekom het, het hulle drie jong mans toe onder die modder aangetref.
Hul bakkie het erg beskadig in ’n moddersloot langs die pad gelê. Die mans is per ambulans na die hospitaal geneem.
John Davids van Mossiestraat, Amstelhof, is met kopbeserings en harsingskudding opgeneem.
Daar is aan die noodredders vertel dat die bestuurder van die wit Mazda Rustler-bakkie, wat aan ’n Wellingtonner behoort, van die toneel af verdwyn het.
Hy het glo beheer oor die voertuig verloor voordat dit van die pad geloop het.
* A motorist and his passengers ended up in a muddy ditch after a night out.
More
News
|