Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Diewe trek aan kortste ent

Diewe trek aan kortste ent
 
2005-11-03


ARMS vol inkopiesakke was die ondergang van diewe toe ’n oplettende buurvrou in Paarl-Oos die skielike rykdom by die polisie aangemeld het.

Met ondervraging is vasgestel dat die twee mans en ’n vrou die aankope kon doen met ’n kredietkaart wat hulle enkele ure tevore gesteel het in Versterstraat.

Die voordeur van die woning in die Paarlse middedorp was toegetrek, maar die diewe het ingestap en ’n handsak uit die voorhuis geneem. Hulle is met die kredietkaart na ’n klerewinkel, ’n drankwinkel en ’n supermark.

Toe is hulle te voet na Paarl-Oos, met hul aankope van R5 000.

’n Inwoner van die Gemsbokwoonstelle in Chicago het die polisiebewus gemaak het van die groepie met die volgelaaide inkopiesakke.

Toe inspekteurs Jerome Steenkamp en Victor Carolus hulle konfronteer, het die verdagtes probeer vlug.

Marie Ficks en Eton Caesar is ingehardloop maar ene Eugene het weggekom.

Die handsak is kort na die arrestasie in ’n posbus in Sinagogestraat teruggekry.

Gesweet

Konstabels Jaco Stadler en Thabang Tsulo laat ook nie sommer diewe by hulle verbykom nie, veral nie as dit jeugdiges is wat papnat gesweet in ’n woonbuurt hardloop nie.

’n Inwoner van Pleinstraat, Paarl, het die nag wakker geword toe seuns fietse uit sy tuinhuis steel.

Hulle het reeds die slot van die stoorplek afgeskroewe en was besig om ’n derde fiets uit te haal, toe die eienaar alarm gemaak het.

Die konstabels het minute later die twee verdagtes in Hospitaalstraat raakgeloop. Hulle was papnat gesweet, en die polisie het nie hul verduideliking geglo dat hulle “van slaap onder ’n bos” so warm kry nie.

Nadat slotskroewe in een van die seuns se sak gekry is, was die koeël deur die kerk en die twee - 17 en 18 jaar oud - is in hegtenis geneem vir poging tot inbraak en diefstal.

Die jeugdiges is verbind met verskeie inbrake, ook dié in Retiefstaat, Noorder-Paarl, waar aluminium-motoronderdele en gereedskap ter waarde van meer as R12 000 gesteel is.

’n Huishulp het gehoor hoe ’n hond blaf, en gesien hoe tienerseuns die hond met klippe gooi. Sy het hulle verwilder.

Die volgende dag het die huiseienaar, polisie-insp Jan Thiart, agtergekom dat daar in sy motorhuis ingebreek is.

Die inspekteur is ’n bekende in ovaalrenkringe, en was besig met ombouings aan die enjin van sy renmotor.

Toevallig was dit Paarl polisie-insp Jean Henning wat die fietsdiefstal ondersoek het, en dié polisieman is self ’n ovaalbaan-renjaer.

Hy het vasgesel dat die diewe twee Weber-vergassers en ander aluminium-onderdele wat meer as R9 000 werd is, opgekap en by ’n skrootwerf vir R49 verkoop het.

Insp Henning kon gereedskap ter waarde R3 000 vir sy kollega terugkry.

* Alert Paarl policemen have been catching burglars with the assistance of the public.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za