Weg met misdaad in middedorp
2005-11-03
“DIE Paarl sal voortaan ‘n baie veiliger plek wees vir ieder en elkeen wat hier woon.”
So het sen/supt Nelson Govender, waarnemende polisiehoof van die Paarl, verlede Woensdag gesê tydens die amptelike bekendstelling van die Paarl Crime Watch.
Die Crime Watch bestaan tans uit 60 voormalige karwagte wat aansoek gedoen het vir hierdie vrywillige poste. Al die aansoekers is deeglik gekeur en ondersoek vir misdaadrekords.
Hulle sal nie net dien as karwagte nie, maar ook as die oë en die ore van die polisie. Hulle sal onder andere teenwoordig wees by sportgeleenthede, aandfunksies, asook tydens kerkdienste op Sondae.
Met hul helderkleurige onderbaadjies waarop daar duidelik die polisie se telefoonnommer, asook die adres van die CPF se webwerf staan (www.cpfpaarl.co.za), sal hulle uitstaan in die dorp. Navrae by 807-4000.
More
News
|