Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Baba doodgeslaan

Baba doodgeslaan
 
2005-11-03


’n BABA het die naweek gesterf nadat sy met ’n paal teen die kop geslaan is op ’n plaas in Agter-Paarl.

’n Plaaswerker, William Daniels (25), is in hegtenis geneem.

Die 18-maande-oue kind het glo teen haar ma se bene gestaan terwyl die ma, haar man en ’n vriend op die plaas Vryguns gestry het oor wie die laaste wyn in ’n kan sou drink.

Daniels het na bewering ’n teerpaal opgetel en dit na die ander geswaai.

Die houtpaal het die kind teen die kop getref. Sy is Sondag in ’n kritieke toestand in die Paarl Hospitaal opgeneem, waar sy vroeg
Maandag aan haar beserings beswyk het.

* ’n Pendelaar in ’n trein buite Klapmuts, het verlede Woensdag deur die venster ’n liggaam in die gras sien lê.

Die vrou was heeltemal kaal en is vermoedelik verkrag voordat sy vermoor is.

Speur-insp Brian Crozier van Klapmuts (875-5555) ondersoek die saak.

* Twee mans is die naweek in Mbekweni vermoor en ’n derde het in Wellington ná ’n mesaanval beswyk.

Ynela Ndingi van R-blok het aan twee steekwonde gesterf tydens ’n familietwis.

Kylethu Bheka van Phola Park 2564 is in ’n bakleiery tussen bure met ’n mes doodgesteek.

In Wellington is Frans Wilson van Soetendalplaas dood nadat sy slagaar met ’n mes raakgekap is tydens ’n stryery tussen twee swaers.

Al drie die vermeende moordenaars is in hegtenis geneem.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za