Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere wen net-net

Tiere wen net-net
 
2005-11-03


DIT was so amper of Young Peoples is Saterdag in die graanlande van die Swartland begrawe.

Die Paarliete het egter volpunte verdien nadat hulle Malmesbury in ’n wegwedstryd met een paaltjie geklop het.

Peoples slaag daarin om die tuisspan tot slegs 106 lopies te beperk danksy vernietigende boulwerk deur Lester Opperman (4/19 in 14bb).

Hy is goed ondersteun deur Sean Andrews (3/36 in 15bb), Lorenzo Jacobs (2/26 in 12bb) en Gercian Gabriels (1/17 in 9bb).

Die besoekers se kolwers begin goed, maar toe val die wiele af.

Dit was egter die 17-jarige Warren George wat met sy bydrae van 34 lopies, wat vyf grenshoue ingesluit het, goed kop gehou het.

Met die telling op 98/9 was die Peoples-spelers aan die naels kou. ’n Hardnekkige kolfvertoning deur die ervare Sean Andrews (24nun 4x5) help egter die Paarliete tot ’n wentotaal van 107/9.

Peoples I speel Saterdag weg teen Hermanus en die tweede span speel Sondag teen Hermanus.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za