Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos wiks vir Vics

Paarl-Oos wiks vir Vics
 
2005-11-03


ONDANKS ’n paar glipse vroeg in hul kolfbeurt kon Paarl-Oos Saterdag vir Victoriane met ses paaltjies klop in hul wedstryd op New Orleans.

Die muntstuk land reg vir Paarl-Oos en hulle stuur die studente in om te kolf.

Die besoekers se laaste paaltjie kantel in die 55ste beurt met die telling op 143.

MC Uys (40 4x4), Leroy Villet (48nun 4x2) en L Baldie (26 4x3, 6x1) het met breë kolwe gespeel.

Die boulers wat vir Paarl-Oos die skade aangerig het, is Elroy Abrahams (4/20 in 7bb), Nico Jonck (2/24 in 12bb) en Dennis November (2/33 in 13bb).

Die tuisspan staar swarigheid vroeg in die gesig toe Manfred de Kock (4) en David Stevens (5) se paaltjies in die tiende beurt kantel met die telling op 14.

Paarl-Oos se kolfbeurt vat egter vlam met Roswin Jephtha (87nun 4x16) en die kaptein, Jack Daniels (30nun 4x3) voor die penne.

Saam teken hulle ’n vennootskap van 93 om die vyfde paaltjie aan en help hul span na ’n sege van ses paaltjies.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za