Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hou dié hekkieman dop

Hou dié hekkieman dop
 
2005-11-03


ATLETIEKLIEFHEBBERS sal goed doen om die naam Jacques du Plessis te onthou.

Die o.14 hekkies-atleet van Paarl Gimnasium het die afgelope tyd bane aan die brand gehardloop en die rekords die een na die ander laat spat.

Du Plessis het tydens sy skool se kleur-atletiekbyeenkoms ’n nuwe rekord van 13,30s opgestel in die 90m hekkies.

Tydens die Boland Kampioenskap het hy die rekord van 12,50s verbeter met ’n tyd van 12,30s.

Tydens die onlangse Top 10 byeenkoms op Bredasdorp het hy dié prestasie herhaal en is hy as die beste o.14 atleet van die dag aangewys nadat hy die tweedebeste prestasie van die byeenkoms behaal het.

Tydens Saterdag se Top 10 byeenkoms op Moorreesburg het Du Plessis, ’n boorling van Kakamas, weer die kenners laat regop sit toe hy ’n tyd van 12,20s in sy spesialis-item losgeblits het.

“Dit is beslis ’n groot prestasie vir enige atleet om in dieselfde seisoen sy tyd met ’n sekonde te verbeter,” sê Du Plessis se afrigter, Rudolf van Heerden.

Daar sal met groot belangstelling gekyk word na wat dié atleet volgende jaar in die o.15 ouderdomsgroep vermag wanneer die 90mH
deur die 110mH vervang word.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za