Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tou opgooi is min

Tou opgooi is min
 
2005-11-03

Leon Steenkamp

MEGANIESE probleme het ’n Paarliet se droom op glorie tydens die onlangse Węreld Duathlon-kampioenskap in Australië in die wiele gery.

Martie Stoumann was een van 50 Suid-Afrikaanse spanlede wat in September in Newcastle aan dié byeenkoms deelgeneem het.

Duathlon behels 10km hardloop, 40km fietsry en ’n verdere 5km hardloop.

Stoumann se aanslag in die 35 tot 39 jaar ouderdomsgroep vir vroue is egter gekortwiek toe haar fiets se ketting begin lol het.

“Binne die eerste 5km van die fietsry het my fiets se ratte begin breek en het die ketting bly afval,” vertel Stoumann.

Die feit dat sy net met een rat oor die weg moes kom, het die Paarliet se planne omtrent omvergewerp.

“Omdat ek ’n sterk fietsryer is, was my plan om ’n bietjie terug te sit tydens die eerste hardloopsessie en dan die meeste te maak van die heuwelagtige fietsryroete wat my sterkpunt is,” verduidelik
Stoumann, wat na afloop van die eerste hardloop-seksie in die 20ste plek gelę het.

Sy bieg dat die versoeking om hierna tou op te gooi, baie groot was.

“Terwyl ek gery het, het ek gewonder of ek nie moet aftrek nie, want dit help nie ek trap soos ’n paloeka en kom nęrens nie.

“Maar toe sę ek vir myself: ‘Jy het sover gekom, daar’s geen manier wat jy dit nie gaan klaarmaak nie’.”

Sy het uiteindelik die fietsry-gedeelte voltooi en was die 33ste atleet om weer haar drafskoene aan te trek vir die laaste hardloop-sessie.

“Ek het darem ’n bietjie tyd opgemaak om so 20ste te eindig,” sę sy en voeg by dat die kompetisie in haar spesifieke ouderdomsgroep die sterkste van al die vroue-afdelings was en ook die meeste atlete - sowat 50 - getrek het.

Die Australiër wat dan ook hier gewen het, het die vinnigste tyd van al die vroue in die kompetisie behaal.

Tog het Martie baie geleer en was dit vir haar ’n groot geleentheid om in ’n Węreldkampioenskap te kan deelneem.

“Hier in Suid-Afrika is ek die tweede gekeurde vrou in my ouderdomsgroep, maar daar het ek gesukkel om onder die voorste atlete te eindig.

“Die SA-span kon net drie medaljes, ’n silwer en twee brons, verower. Dit het net vir ons gewys hoe ver agter ons is in vergelyking met die res van die węreld in terme van fiksheid, afrigting en toerusting.”

Volgens Stoumann is die roete wat hulle in Newcastle moes aandurf aansienlik anders as die tipe roete wat tydens die SA Kampioenskap uitgelę is.

“Tydens die SA Kampioenskap is die fietsry-afdeling beslis oor ’n plat roete waar jy 20km uit die dorp gery het en dieselfde 20km weer teruggery het.

“By die węreldkampioenskap was dit redelik heuwelagtig en baie tegnies, met baie nou draaitjies en smal gangetjies.

“Die toeskouers staan ook nader aan die ryers en dit alles plaas meer druk op jou.”

Duathlon, sę sy, geniet ook baie meer aansien oorsee.

“Dit is veral Australië en die VSA wat die sterkste verteenwoording
het. Dié twee lande se atlete het omtrent al die kategorieë oorheers.”

Haar sukses op die duathlon-veld was egter ’n bonus vir dié Paarliet.
Sy het dié sport begin doen om tydens die winter fiks te bly vir haar eintlike passie, driekamp, wat in die somermaande beoefen word.

Stoumann is verlede jaar in die WP Driekampspan opgeneem. Sy kon egter nie by die SA Kampioenskap deelneem nie, weens ’n gebrek aan ’n borg.

Gelukkig kon sy ’n dag voor die sluitingsdatum drie borge kry wat haar reis na Australië moontlik gemaak het.

“Ek wil net vir die mense baie dankie sę dat hulle dit vir my
moontlik gemaak het om deel te neem.”

Martie is reeds hard aan die oefen vir die driekamp-seisoen wat volgende week afskop met die eerste byeenkoms van die Energade-reeks in Gordonsbaai.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za