Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Van Dyk verdedig sy Japanse titel

Van Dyk verdedig sy Japanse titel
 
2005-11-03


DIE paralimpiese rolstoel-atleet, Ernst van Dyk, het Sondag sy titel in die Oita Marathon in Japan suksesvol verdedig.

Van Dyk het die marathon in ’n tyd van 1:26,37 gewen, met die Japanner Sasahara Hiroki kort op sy hakke.

Die redelike plat roete het beteken dat die sterkste ryers moeilik afstand gedoen het van die bondel oor die eerste 5km.

Hoewel Van Dyk en van die ander ryers vroeg ’n wegbreek-poging probeer loods het, met ’n gemiddelde spoed van 38km/u, het dit maar gesukkel. Dit was gou duidelik dat die groot gevaar die plaaslike ryer Hiroki sou wees.

“Hy het die meeste van die aanvalsbewegings met ’n valkoog dopgehou en as die top-gekeurde Japanese ryers was daar ook ’n groot mate van landstrots wat hom aangevuur het,” vertel Van Dyk.

Ná ’n paar draaie in die roete slaag Van Dyk daarin om ’n bietjie afstand tussen homself en die res van die veld te skep.

“Ek het ’n paar goeie draaie op spoed geneem en toe ek omkyk, was daar ’n gaping. Hiroki was egter tussen my en die bondel.”

Die Suid-Afrikaner laat vir Hiroki toe om hom in te haal en die twee werk saam om hul voorsprong te verleng.

Die twee bereik die halfpad-merk na sowat 40 minute met die bondel nie ver agter nie.

By die omdraaipunt is die wind so sterk dat dit die ryers byna uit hul stoele waai en hul spoed val tot 22km/u.

“Ek is redelik sterk teen ’n wind, neem die leiding en ons versnel stelselmatig tot 29km/u.”

Die twee ryers werk weer goed saam, totdat hulle nie meer die bondel agter hulle kan sien nie.

“Na ’n ruk verduidelik Hiroki vir my hy is meer oorgehaal om die Japanese rekord te verbeter eerder as om te wen. Ons met ons beperkte kommunikasie kom ooreen dat ek kan wen, mits ek hom help om ’n nuwe rekord te behaal.”

Hierna het albei hulle alles gegee en teen die tyd dat hulle die stadion binnery met 500m oor is die Japanees uitgeput.

Van Dyk neem die voorsprong en steek die wenstreep sowat vyf sekondes voor die plaaslike atleet oor.

“Hy het sy rekord gekry en ek my oorwinning,” vertel Van Dyk.

Die voorste bondel het sowat drie minute later klaargemaak.

Van Dyk het gister na New York vertrek waar hy hoop om dié stad se bekende marathon te wen.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za