Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland moet van staanspoor af lopies jaag

Boland moet van staanspoor af lopies jaag
 
2005-11-03


DIE manne van die Boland Amateur Krieketspan kan kolf, en hulle is honger vir ’n driedag-sege.

Die Boland se driedagwedstryd teen Natal het verlede naweek onbeslis geëindig. Soos in hul vorige wedstryd teen Grens het die kolwers weer in hul eerste beurt gesukkel (hulle kon slegs 119 aanteken), maar met ’n groot poging teruggekom in die tweede beurt deur 336/8 aan te teken.

“Ons het hard en lank in die kleedkamer gepraat en die spelers weet nou hulle moet reeds in die eerste beurt ’n goeie totaal aanteken. As ons dit kan regkry en die wedstryd kan beheer, sal ons ’n uitslag kan afdwing,” het die Boland-afrigter, Salieg Nackerdien, vandeesweek gesê.

Die Boland het Sondag hul eendagwedstryd in Durban met gemak gewen.

Die Boland se top-orde kolwers het vinnig klaargespeel met die totaal van 194/8 wat deur die tuisspan aangeteken is.

Wimpie Louw (58nun), Ryno Arendse (48nun) en Clifford Prinsloo (44) was die groot rolspelers in Boland se wentotaal van 196/3.

Nackerdien en sy span hou egter nou duim vas dat die reën wat vir vandag en môre vir die Paarl voorspel word nie te voorskyn kom nie.

“As ons net die derde dag speelkans kry, sal ons dit maar gebruik vir óf boul- óf kolfoefening vir Sondag se eendagstryd,” het hy gesê oor die naweek se stryd teen die WP in die Paarl.

Boland Park Stadion se kolfblad was vandeesweek weer in die nuus nadat die Cape Cobras en Kwazulu-Natal Dolphins se vervelige wedstryd onbeslis geëindig het.

“Die blad lyk normaal soos ek die blad ken. Daar is nie te veel gras nie en dit behoort nie baie sywaartse beweging aan die boulers te verleen nie,” het Nackerdien gesê.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za