Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Trap fietse vir kinders

Trap fietse vir kinders
 
2005-11-10


WELLINGTONSE ondernemings en maatskappye word uitgedaag om elkeen ’n personeellid te borg wat ’n uur lank (of meer) fiets kan trap ten bate van die 200 kinders in die Murray Kinderhuis.

Die jaarlikse gimfietsmarathon word op Saterdag 26 November gehou van 07:00 tot 18:00 by die Wellington Health and Fitness Centre.

Daar word gehoop om minstens 80 gewillige trappers en hul borge bymekaar te kry vir die dag.

Verlede jaar, toe R12 000 op hierdie wyse ingesamel is deur verskeie besigheidslui, was burgemeester Herman Bailey ook onder die fietstrappers.

Vanjaar neem Madie Kearley weer die leiding om tagtig besigheidsmanne uit te daag en gedurende tien uurlange skofte die agt fietse aan die trap te hou.

Sy daag firmas, kollegas, vriende en gesinne uit om spanne in te skryf, en borgskappe in te win.

Elke trapper hoef net een uur te trap, en kan sy firma of hoofborg voor op die fiets adverteer terwyl daar tydens die “uur van pyn en lyding” gesweet word.

Om ’n plek op die traprooster te bespreek, kontak Christo Ross van die Wellington Health and Fitness Centre by 864-3838.

* A cycling marathon in aid of charity will be held in Wellington.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za