Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


'n Eerste vir Paarl

'n Eerste vir Paarl
 
2005-11-10


’n SKAARS voëlsoort vir die Paarl, die Bloukuif-vlieëvanger, is onlangs op Paarlberg gesien.

Die Bloukuifvlieëvanger word in Suid-Afrika, volgens die jongste uitgawe van Roberts Birds of Southern Africa, in die noord-oostelike gebiede van die land suidweswaarts deur Kwazulu-Natal tot ongeveer by Bettysbaai aangetref.

Ongeveer vier jaar gelede het Andrew Hester egter op die Kaapse voëlnet gerapporteer dat hy ’n Bloukuif-vlieëvanger op Paarlberg waargeneem het.

Terwyl Naas du Preez onlangs besig was met verkenningswerk ter voorbereiding vir ’n begeleide toer van die Kaapse Voëlklub teen Paarlberg, het hy in een van die klofies op ’n mannetjie en ’n wyfie Bloukuifvlieëvanger afgekom.

Toe die twee die volgende dag nog in dieselfde gebied waargeneem is, is daar rondgekyk vir ’n moontlike nes aangesien die broeiseisoen in die Suid-Kaap van Oktober tot Januarie is.

Sommer gou-gou word die nessie gevind. ’n Eerste broeipaar Bloukuif-vlieëvangers vir Paarl!

Die neshoogte van die grond af is ook ’n raps hoër as wat in Roberts aangedui word, moontlik as gevolg van die skuinste van die terrein.

Ongeveer 20 meter van die nes af het ’n Paradys-vlieëvangerpaartjie drie kuikens suksesvol grootgemaak.

Hierbenewens moes ’n Donker Vlieëvanger ook in die onmiddellike omgewing ’n nes gehad het, aangesien ’n paartjie verlede week nog daar ’n kuiken gevoer het.

Die Bloukuif-vlieëvangerwyfie is ook baie meer geneigd om haar stertvere oop te sprei, baie soos die Witstert-vlieëvanger van die
Zimbabwiese Hooglande.

By nesverlating het die oudste Paradys-vlieëvangertjie ongeveer vyf meter van die Bloukuiwe se nes gaan sit.

Die Bloukuifmannetjie het gaan ondersoek instel oor die indringing in sy territoriale gebied.

Helaas, hy moes onmiddellik die aftog blaas voor ’n verwoede aanval van die Paradys-egpaar wat hul twyg ten alle koste wou beskerm.
- Naas du Preez



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za