Gesellige kunsand in Paarl
2005-11-10
’n KUNSUITSTALLING van 45 bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se werke word op Donderdag 24 November in die Paarl gehou.
Die uitstalling, deur Kelso Kunsgalery van Kaapstad, sluit byna 200 oorspronklike, geraamde olie- en waterverfskilderye van kunstenaars soos Frans Claerhout, Paul Munro, Portchie, Peter Lessing, James Madge, Lucille Kriegler en ander in.
Dit vind plaas in die Historium van die Afrikaanse Taalmuseum in Pastorielaan 11 en begin om 19:00.
Toegang is gratis, en belangstellendes kan kaartjies bespreek by 872-3441.
More
News
|