Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nanette Ranger hou uitstalling

Nanette Ranger hou uitstalling
 
2005-11-10


DIE jaarlikse uitstalling van Nanette Ranger, bekende kunstenaar en kunsskooleienaar van die Paarl, beloof om weer eens te bewys hoeveel talent daar op die dorp is.

Die uitstalling open om 19:00 op 17 November by I Love Wine in Hoofstraat, Paarl, oorkant die KWV. Dit duur tot 20 November.

Almal is welkom by die openingsaand, wat beloof om ’n groot makietie te wees. Benewens die kuns wat te sien en te koop is, sal tromspelers en eksotiese dansers optree.

Die restaurant en koffiewinkel sal ook oop wees vir dié wat lus is vir ’n ietsie meer.

Nanette se uitstalling van plaaslike talent het al ’n gewilde instelling op die Wynroete se November-kalender geword - soveel so dat dit dié jaar na ’n groter perseel moes verskuif.

Haar studente wissel van so jonk as vier tot so oud soos 76 - en elkeen stal die keur van sy of haar beste werk deur die jaar uit. Van
Nanette se eie skilderye en beeldhouwerk sal ook te sien en te koop wees.

Die uitstalling sal op 18, 19 en 20 November daagliks van 08:30 tot 18:00 oop wees.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za