Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunstig met plante en rose

Kunstig met plante en rose
 
2005-11-10


’n PAARLIET wat tans mode-ontwerp studeer op Stellenbosch, het weggestap met die eerste prys in ’n mode-ontwerpkompetisie vir studente tydens die SA Fashion Week.

Sophy Wolfaardt, voor-verlede jaar nog in matriek by La Rochelle, studeer tans mode-ontwerp by die Elizabeth Galloway Akademie, na sy eers ’n jaar BCom by Maties geswot het.

Die hoed wat Sophy geskep het, het die Suid-Afrikaanse natuur as tema. Die materiale wat sy gebruik het met hierdie nuutskepping was ligbruin leer, protea-blomblare, groen blare, hout en Afrika-krale.

As prys kon Sophy vir een week al die skoutentoonstellings en al die werkswinkels gratis bywoon in Johannesburg.

Altesame 14 kolleges het deelgeneem en drie studente, Tarien Malherbe, Marlize Kruger en Sophy self, van die Elizabeth Galloway
Akademie, het in die top tien geëindig.

Vir die Robertson Tuinbouklub se 100-jarige bestaansjaar, het sy
saam met ’n groep aan nog ’n ontwerpkompetisie deelgeneem.

In dié kompetisie moes ’n rok ’n tipe tuin, soos ’n wynlandgoed-tuin, subtropiese of ’n eksotiese roostuin uitbeeld.

Die droomrok waarmee haar groep ’n roostuin voorgestel het, het die louere ingeoes. Die roos rok het ’n “bodice” van gevlegte wilgerlatte.

Dit word tans nog in Robertson onder verkoeling gehou om die roosblare daarop vars te hou.

Die kompetisie is uitgesaai op SABC2 en KykNet.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za