Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gee Drakenstein dan nie om oor herwinning nie?

Gee Drakenstein dan nie om oor herwinning nie?
 
2005-11-10


OP Hermanus het die Munisipaliteit gedurende 2004 altesame 90 ton papier herwin, 19 ton karton, 30 ton plastiek, 126 ton glas en 23 ton blik.

Inwoners plaas herwinbare afval in deurskynende plastieksakke, wat deur die vullisafdeling opgelaai word. Elke vol sak word vervang met ’n leë sak.

In Hangklip alleen is daar binne ses maande 6 ton papier, 7,5 ton glas, 3 ton karton, 2 ton blikkies en 2 ton plastiek herwin. Die Overstrand Munisipaliteit het dan ook die toekenning vir die skoonste dorp gewen.

Kan Drakenstein bekostig om nie sy vullis te herwin nie? Hoekom word geen poging aangewend om mense aan te moedig om dit te doen nie?

Of word daar gevrees dat bergies op die sakke sal toesak en die sypaadjies vol gemors strooi?

Sal dit dan nie die moeite werd wees om vir mense ’n depot te open waar hulle die herwinbare vullis kan aflaai nie?

Of is dit te veel moeite om die afval dan apart te hou van die res van die vullis? Gee Drakenstein nie om nie?

E Saayman

Die Waarnemende Munisipale Bestuurder reageer: In Drakenstein is in die vorige finansiële jaar 116 ton organiese afval gekomposteer en 6,7 ton glas en 8,1 ton metaal herwin by die vullisoorlaaistasie te Distillerystraat.
Karton/papier word nie tans hier herwin nie aangesien die prys baie swak is. Daar word egter gereeld informele herwinnings- en skoonmaakprojekte geloods.
Daar is tans ’n aansoek in by die Department van Omgewingsake vir die goedkeuring van die vernuwing en verbetering van die ou herwinningsaanleg en komposmeul.
Sou die goedkeuring vir hierdie projek betyds kom, sal daar teen die middel van 2006 op ’n meer formele basis herwin word.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za