Hoekom kla oor ure?
2005-11-10
EK is verstom dat mense kla dat Paarl Mall se ure te kort is - dit verskil nie veel van ander winkelsentrums nie.
Ek is ’n werkende ma van twee klein kindertjies en werk in die Paarl Mall, maar bly in Wellington.
My ure is van 09:00 tot 18:00, Maandae tot Donderdae en Vrydae tot 19:00 en Saterdae tot 18:00 en boonop my rusdae Sondae vanaf 09:00 tot 16:00.
Ek is nie al ouer of werknemer wat kla oor die ure nie. Dit is ongelukkig die ure wat die Mall ons gegee het.
Jy kla oor langer ure omrede jy wil inkopies doen! Waar is jou menslike gevoelens vir die mense wat kinders het wat daardie ure moet werk?
Die tyd wat die werknemers by die huis moet kom, moet die ma’s nog voor ’n stoof staan en na kinders omsien, maar jy kla oor langer ure.
As jou werk vir jou moet sê jy moet mall-ure werk, gaan jy beslis nie tevrede wees daarmee nie.
Kyk na Somerset Mall wat net werk Maandae tot Saterdae tot 17:00 en Sondae tot 14:00 wat ’n veel groter Mall is en ook besiger.
Doen jou inkopies Saterdae en Sondae en basta met kla. Jy kan ten minste bly wees daar is ’n Mall in die Paarl-streek.
Werker by die Mall
More
News
|