Sportbeurs vir Shahieda
2005-11-10
’n GELEENTHEID van 'n leeftyd lê voor vir Shahieda Samson, 'n graad 12-leerder van Weltevrede Sekondêr, nadat sy 'n R100 000 studiebeurs ontvang het ter ondersteuning van haar universiteitstudies.
Die studiebeurs word deur die Dell rekenaarfirma geborg en dek haar verblyf, studiegeld, boekegeld en reiskoste vir die volgende drie jaar terwyl sy haar aan die Universiteit van Wes-Kaapland in die rigting BSc Informasiestelsels bekwaam.
Die beurs is aan haar oorhandig deur Faldee Ryklief, president van die South African Youth Development and Business Chamber (SAYDBUC), wat die beurs koördineer het.
By dieselfde geleentheid het Dell ook handboeke van R22 000, wat fokus op die verdere verryking van vakke soos Biologie, Wiskunde en Rekeningkunde, aan Weltevrede geskenk.
Klasonderwyseres Lu-Ann Anderson sê die skool is baie trots op Shahieda, en dat die beurs ‘n blink toekoms vir haar oopmaak.
More
News
|