Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skolier klim Kilimanjaro met skoolvlag

Skolier klim Kilimanjaro met skoolvlag
 
2005-11-10


‘n LEERLING van Hugenote Laer, Pascal Nel (graad sewe), het onlangs saam met sy gesin die berg Kilimanjaro in Tanzanië uitgeklim. Die piek is sowat 6000m bo seevlak.

“Dit was glad nie maklik nie. ‘n Mens kry geweldige hoofpyne, kry vreeslik koud en voel baie moeg, veral die laaste 1 000 meter waar die suurstof baie min is.

"Die sesdag-roete begin met 'n stap deur die reënwoud. Die tweede en derde dag was in grasvelde met baie mooi plante. Vanaf die vierde dag lyk alles soos woestyn, met min plante en dan word dit ook baie koud.

"Die gidse het vir ons saans tente opgeslaan en lekker kos gemaak. ‘n Mens verloor jou eetlus as dit baie hoog is en ons moes ook medisyne neem om nie “altitude sickness” te kry nie - dit kan baie gevaarlik wees.

"Twee van ons groep van ses moes terugdraai en kon nie die laaste dag verder gaan nie.

"Die ergste was die laaste dag. Ons moes in die nag begin stap met kopligte aan. Ek het gevoel of ek nie kan asem kry nie. Daar is ook baie afgronde. Gelukkig het ek later begin beter voel.

"Ek is baie bly dat ons hele gesin, my pa, ma, broer Stefan en ek dit gemaak het. Ek is dalk die jongste Suid-Afrikaner wat die Umbwe roete langs die Arrow Glacier tot heelbo voltooi het."



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za