Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rybewyse loop skeef

Rybewyse loop skeef
 
2005-11-10


DIE hoof van ’n plaaslike bestuurskool is die herrie in oor ’n deurmekaarspul wat daartoe gelei het dat sy pogings om bykomende afsprake vir sy kliënte te verkry vir uitpassering, skeefgeloop het.

Marco Brits, het by die Brackenfell verkeerskollege aansoek gedoen dat hulle sy studente kom toets vir rybewyse by die Paarl toetssentrum op ’n Saterdag en Sondag.

Volgens Brits sou hierdie aansoek goedgekeur word, maar nadat ’n klagte (van ’n ander bestuurskool) aangemeld is, is hy in kennis gestel dat sy versoek van die hand gewys is.

Dit is so dat die toetssentrum soms Saterdae vir staatsdepartemente soos die weermag en ambulansdiens oopgestel word, het ’n woordvoerder van die Drakenstein verkeersowerheid gesê.

Maar beslis net staatsinstansies, nie eens St John’s Ambulans nie. Aansoek word by die kollege gedoen en indien toegestaan, kan die Drakenstein verkeershoof die gebruik van die toetsbaan goedkeur.

Vir dié doeleinde, en vir hertoetsing van kandidate van ander provinsies, word daar ’n uitsondering gemaak.

“Ons probleem is dat mense van buite af na die Paarl kom vir hul bestuurderslisensies. Daar is ’n geweldige waglys en Paarliete ly daaronder, het Brits gesê.

“Elke jaar word die aanvraag na lisensies al hoe meer en die verkeersowerhede kan nie byhou nie.

“As die toetsbaan oor naweke vir die kollege oopgestel word vir blokbesprekings van bestuurskole, sal die druk verlig word.”

Daar is vir vanjaar geen opening meer vir die aflê van rybewyse in die Paarl of Wellington nie, hoewel kansellasies soms beskikbaar is.

Die verkeersdepartement meen dat die waglys van sowat 30 by die
onderskeie dorpe teen 9 Desember, wanneer die sentrum vir bestuurslisensies sluit, afgewerk sal wees.

“Ons het veral hierdie tyd van die jaar baie kansellasies, met matrikulante wat lank vooruit afsprake gemaak het en dit nie kan nakom nie as gevolg van hul eksamenrooster.

“Sommige mense maak ook by verskillende dorpe afsprake vir ingeval hulle nie die eerste keer deurkom nie. Slaag hulle, is daar openinge.”

Vir die toetsing vir leerlinglisensies is daar ’n twee-weke wagtyd. Die eerste bestuurslisensietoetse sal weer op 16 Januarie afgeneem word.

“Ons personeel moet ook ander dienste verrig. Met die vakansieverkeer moet alle mannekrag ingespan word om die dood van die paaie af te hou,” sê verkeershoof Japie Cornelissen.

Besprekings vir volgende jaar open eersdaags. Belangstellendes word versoek om die toetssentrum te skakel (868-1590) met navrae.

* The owner of a local driving school has attempted to clear up the
backlog for driver’s licences.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za