Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Middelorde-kolwers laat Bergrivier in die steek

Middelorde-kolwers laat Bergrivier in die steek
 
2005-11-10


ONDANKS ’n paar pragtige individuele vertonings deur sy spelers, moes die eerste span van Bergrivier Krieketklub Saterdag die knie buig voor Stellenbosch/Distrikte.

’n Gebrekkige vertoning deur die middelorde kolwers het die span van Wellington se poging gekelder.

Stellenbosch teken ’n goeie 234/4 in hul 60 beurte aan, met Brandon Layman (92 4x7) wat die leiding neem. A Poole (79 4x8) en T Williams (43 4x3, 6x1) klim ook in met die kolf.

Morné de Vries was Bergrivier se beste bouler met syfers van 2/54 in 12 beurte.

Die Bergrivier-manne begin hul kolfbeurt baie positief met A Cassiem wat ’n goeie 51 (4x5) aanteken. Marquin Julies neem weer die leiding met sy 74 wat ses grenshoue en ’n ses insluit, terwyl Fabian Arendse (39 4x4) ook die bal goed bykom.

Met die vertrek van Darren Isaacs en Bergrivier stewig op 190/5 stort die middelorde in duie en word Wellington vir 226 uitgeboender.

Die Stellenbossers se M Arendse was uitstekend met die bal en spog met ’n boulontleding van 6/65 in 15 beurte. Hy is goed ondersteun deur die draaibalbouler Layman (3/52 in 15bb).

Bergrivier II het ’n nagmerrie op Stellenbosch beleef, toe hulle met nege paaltjies geklop is.

Bergrivier teken 144 lopies aan met H Farao (41) en S Seale (32) wat lopies kry.

Stellenbosch se R Jacobs (3/39) en H Februarie (2/16) het goed geboul.

Die tuisspan laat waai met die kolf en wen die wedstryd in die 24ste beurt met H Februarie (80 4x12, 6x2) en R Rose (55 4x10) wat die balle wegmoker.

Saterdag speel Bergrivier I (weg) en II (tuis) teen Brackenfell.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za