Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington stuur Maties terug skool toe

Wellington stuur Maties terug skool toe
 
2005-11-10


DIE eerste span van die McCarthy Toyota Paarl Wellington Krieketklub het Saterdag ’n gemaklike vyf paaltjie oorwinning oor Maties behaal.

Op hul tuisveld was dit die studente wat eerste voor die penne stelling ingeneem het.

Maties was op een stadium kwaai in die verknorsing met die telling op 73/7.

Danksy ’n bietjie geluk kon Dennis Hobson (35 4x4, 1x6) en Aden Olivier (34 5x4) die studente weer op koers bring en hulle word in die 59ste beurt uitgehaal vir ’n respektabele totaal van 172.

Die Wellingtonse boulaanval was weer dodelik danksy Marnus Hugo (4/40 in 15bb) en Christo Ritter (3/33 in 15bb).

Ondanks die voorspelbaarheid van die blad was Wellington vroeg in die moeilikheid op 7/3. Die feit dat dit kort ná die aanvang van die besoekers se kolfbeurt begin reën het, het ook sake deurmekaar gekrap.

Hoewel Wellington se aantal beurte verkort is, het dit min effek gehad op die konsentrasie van Dawie Malan. Dié jong kolwer het 210 minute voor die penne deurgebring en sy beurt van 121 lopies het 17 grenshoue ingesluit.

Spanmaat Steyn Basson het hom goed bygestaan met ’n onoorwonne 35 wat drie grenshoue ingesluit het.

Toeskouers is omtrent op ’n lopiefees getrakteer tydens die wedstryd tussen Wellington II en hul eweknie van die Maties.

Die tuisspan word eerste ingestuur om te kolf en teken ’n enorme 329/9 aan.

Richard Stroebel sorg vir ’n stewige fondasie met sy 39 lopies.

Dit was egter die onoorwonne beurt van die kaptein, Cedric Williams wat tot die groot totaal bygedra het. Williams se 139 lopies is van net 75 balle gemoker en het 11 grenshoue en nege sesse ingesluit.
Maties se C King (2/53) en G Scott (4/105) het moedig probeer om die lopie-stortvloed te keer.

Maties verseker egter ’n onbesliste uitslag met ’n totaal van 211/8 teen uitskeityd.

Hein Seconds (2/37 in 13bb) en Phil Adams (4/56 in 14bb) het die paaltjies laat kantel.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za