Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Swak kolfwerk pootjie Paarl se Weskus-poging

Swak kolfwerk pootjie Paarl se Weskus-poging
 
2005-11-10


’n GEBREK aan die ondersteunende kolfwerk van die Novel Paarl se middelorde kolwers het Saterdag hul kanse op ’n sege oor Vredenburg/Saldanha omvergewerp.

Op Vredenburg was dit die tuisspan wat eerste die kolf in die hand geneem het, nadat Paarl se kaptein, Lynal Jansen die loot wen.

Vredenburg/Saldanha verloor met reëlmaat paaltjies op ’n ietwat groenerige blad en is almal uit met hul telling op 192 lopies.

André Huisamen (64 4x6), Dewald van Wyk (31 4x3) en Henk Lindeque (27 4x1; 6x1) het goed gekolf.

Paarl se Clint Philander (2/56), Clayton August (2/41) en Godfrey Stevens (2/38) het die paaltjies laat kantel.

Die veldwerkers was self ook briljant in die veld met drie kolwers wat uitgehardloop word.

Bobby Nicholson teken met aggressiewe kolfwerk 78 (4x9, 6x3) lopies aan en lê die platform vir ’n oorwinning saam met Elrick Jansen (25 4x2).

Nicholson verloor sy paaltjie in die 19de boulbeurt met 104 lopies op die telbord. Hierna stort die middelkolwers in duie en Novel Paarl verloor drie paaltjies in die volgende sewe boulbeurte met slegs 17 lopies wat by die totaal gevoeg word.

Anwell Newman met ’n vinnige 36 (4x3, 6x3) help dat die span nog 18 lopies moet aanteken in 21 boulbeurte met die aanbreek van die laaste koeldrank-pouse.

Dit is die kolwers egter nie beskore nie en die hele span is terug in die pawiljoen, met nog nege lopies kort van ’n oorwinning.

E Louw (2/38) en Dewald van Wyk (2/52) is die boulers wat Paarl geknak het, met Mario Prins (3/23) wat van die stertkant kolwers ontslae raak.

Saterdag speel Novel Paarl op Kraaifontein teen Oostelikes en Sondag tuis teen Hermanus.

Paarl II (194/3) klop Vredenburg/Saldanha II (193/10) met sewe paaltjies.

Paarl wen die loot en boul eerste.

Lyndon Fredericks (2/46), Faghrie Jacobs (2/47) en Alfredo Adams (4/44) maak amok onder die boulers.

Vir die Paarliete sorg Robin Andrews (53 4x9), Cameron Cupido (44 4x6, 6x1), Wade Anderson (46nun 4x5) en Kurt Martin (40nun 4x4, 6x1) dat die wedstryd in die 43ste boulbeurt eindig.

Cupido en Anderson het hul goeie kolfvertonings van verlede naweek voortgesit. Vredenburg/Saldanha se A Jacobs (2/43) en J Erasmus (1/24) is die enigste boulers wat sukses behaal.

Paarl III (76/10 in 27 beurte) verloor teen Paarl-Oos III (77/3) met 7 paaltjies. Slegs Graham Adams met 24 (2x4) teken enige noemenswaardige telling aan vir Paarl III.

Ander wedstryde dié naweek is Paarl II weg teen Oostelikes II en Paarl IV tuis teen Wellington III.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za