Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos veg hard teen Maties

Paarl-Oos veg hard teen Maties
 
2005-03-24


DIE manne van Paarl-Oos Krieketklub kon Saterdag op Stellenbosch net nie daarin slaag om Maties se neus in die stof te vryf nie.

Paarl-Oos teken 215/8 aan danksy uitblink-beurte deur Roswin Jephta (55), Waylin Septem-ber (51) en Garth Lewis (29).
Die tuisspan se boulaanval is gelei deur Ryan Theron (2/25) en Magnus van Rooyen (4/52).

Maties het tot die einde toe bly baklei en hul beurte loop uit op 174/9. Warren Hayward (63) en Wimpie Louw (36) het goed gekolf.
Paarl-Oos se Hilroy Paulse (5/43 na 15bb) en September (3/28 na 13bb) het hul span van ’n positiewe onbesliste uitslag verseker.

Maandag was Paarl-Oos weer op dreef toe hulle vir Young Peoples op Daljosafat Stadion met agt lopies geklop het.

Die besoekers kry 147/9, met Roswin Jephta (46nun) en Manfred de Kock (28) wat lopies kry, terwyl Zynodien Fredericks ook ’n belangrike, onoorwonne 20 lopies geslaan het.

In ’n spannende wedstryd val Peoples se laaste paaltjie in die laaste beurt met die telling op 139.

Deon Smith (2/33), Quinton Kannemeyer (3/36) en Jacques Krynauw (3/17) was dodelik.

Brendon Adams (34) en Winston Fortuin (32) het moedig probeer vir Peoples.

Paarl-Oos II het in albei sy wedstryde oortuigende seges behaal. Saterdag op die New Orleans-veld was Paarl-Oos II (114/2) met agt paaltjies baas teen Maties (110).

Justin Watts (7/20 na 12bb), Jenovan Adams (47) en Mark Borchards (30) was die staatmakers.

Maandag moker Paarl-Oos 308/6 teen Young Peoples op New Orleans.

Werner Erasmus (101), Borchards (92), Jermaine Didloff (32), Garlan Goliath (3/46) en Kyle Julies (6/28) het bygedra tot Young Peoples (119/10) se nederlaag van 189 lopies.

L Opperman (2/78), J Alexander (2/62), en G Gabriels (29) was die Tiere se beste spelers.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za