Basketbalklub begin vandag oefen
2005-03-24
SPELERS wat belang stel om by die Whoop Squad Basketbalklub aan te sluit, kan vandag begin litte losmaak.
Die klub hou vandag sy eerste oefening en registrasiesessie om 14:00 by Paarlzicht Primêr.
’n Verdere twee sessies sal op 30 Maart en 1 April om dieselfde tyd ook by die skool gehou word.
Senior spelers oefen op dieselfde dae vanaf 17:00.
Daar sal vir spelers in die ouderdomsgroepe o.12, o.14, o.16 en o.18 voorsien word.
Dit is belangrik dat voornemende spelers dié oefeninge bywoon aangesien registrasie by die Wes-Kaapse Basbetbalverening ook gedoen moet word.
’n Vergadering vir spelers, afrigters en ouers sal op 31 Maart om 19:00 by Paarlzicht Primêr gehou word.
’n Spesiale ouervergadering sal op 7 April om 19:30 ook by die skool gehou word.
Navrae by C Eksteen 082-076-6009.
More
News
|