Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kuns met styl

Kuns met styl
 
2005-11-17


KUNS is vir almal, en dit is wat Fred Geldenhuys aan die mense van die Paarl wil bring - met styl.

Hy bly in Jan Groentjiestraat in Amstelhof, een van ’n reeks gesellige, middelklas huise. Langs hom is ’n huiswinkel en oorkant die pad word motors reggemaak.

Maar stap jy by 279A in, is jy in die huis van ’n kunstenaar - iemand wat fyn kyk en kuns maak van die alledaagse om hom.

Fred het kuns as vak geneem by Noorder-Paarl Sekondêr. Deur die jare is dit eers op die agtergrond geskuif terwyl daar gewerk en kinders grootgemaak is.

Sondag- en Maandagaand om 19:00 open die Amstelhof Kunshuis die eerste keer sy deure.

Fred het op elke aand twintig genooide gaste wat gaan aansit onder die feetjieliggies in sy tuin.

“Ek wil hê mense moet na my werk kom kyk en besef kuns kan bekostigbaar wees,” sê hy.

Die lang man met die mooi glimlag se hande staan vir niks verkeerd nie. Hy ontwerp ook klere, doen vensteruitstallings en rangskik blomme.

Hy het 30 jaar vir Van Zyls Uitrusters gewerk en die afgelope vyf jaar is hy by DK Sport.

Sy ander groot liefde is marathons, en hy spog met ’n handvol medaljes wat hy verower het vir afstande van 10km tot 42km.

Skakel hom by 862-7614.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za