Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


ARTbewing in Paarl

ARTbewing in Paarl
 
2005-11-17


MIN mense besef waar Windmeul is. Selfs Paarliete kyk jou onbegrypend aan, maar as jy verduidelik dan glimlag hulle breed.

O ja, dis die plekkie met die kafeetjie, die imposante NG Kerk en die plaasskooltjie Slot van die Paarl.

Ry jy verder op die Noord Agter-Paarlpad, kom jy by die nuwe ontwikkeling van Chianti Homes, genaamd Waterpoel de Windmeul.

Dis hier waar Chianti van Donderdag 1 Desember tot Sondag 4 Desember ’n kunsuitstalling gaan hou.

Die stoor van die oorspronklike plaashuis word opgekikker om plaaslike talent ten toon te stel.

Die klem is op toeganklike kuns en die meeste van die skilderye, juweliersware, keramiek en beeldhouwerk se pryse sal bekostigbaar wees.

Van die plaaslike kunstenaars wat uitstal, is Selwin Pekeur, Jeffrey Appollis, Nanette Ranger, Tilly van Huyssteen, Severino, Frank Ross, Kerwin Cupido, Raphique Fortuin en Jeanne Visser.

Die opening is 1 Desember om 18:00. Navrae by Trudy, 082-896-9863.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za