Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Koor sluit af in Paarl

Koor sluit af in Paarl
 
2005-11-17


DIE Fidentia SA Jeugkoor sluit Saterdag om 19:00 ’n baie suksesvolle eerste bestaansjaar af met ’n opvoering van Kersliedere, Carols by Candlelight, by die Santé Winelands Hotel and Wellness Centre buite die Paarl.

Hierdie spesiale opvoering neem die vorm aan van ’n buitelug-piekniek op die grasperk buite die hotel.

Kaartjies is beskikbaar by Santé of u kan vir Olga Williams vir meer inligting kontak by tel 875-8100 of e-pos owilliams@santewellness.co.za.

Besprekings sluit vandag om 12:00.

Die koor is tans met oudisies vir nuwe lede vir 2006 besig.
Aansoeke kan tot en met 19 November ingestuur word.

Aansoekvorms is beskikbaar op die webtuiste www.sayc.co.za, skakel of stuur ’n sms met jou naam en telefoonnommer na 076-272-9420.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za