Dans-dans Goudstad toe
2005-11-17
HULLE ken hul danspassies - vrystyl, dans-roetines of HipHop, hulle voete staan vir niks verkeerd nie.
Dit is die manne van die Essential Dance Company - sekerlik een van die bekendste dansgroepe in die Paarl.
Nou het vier van die top dansers, Divan en Elfredo Siebrits, Elvizo May en Camy Jacobs besluit om die stoute skoene aan te trek en hul heil in die Goudstad te gaan soek.
As alles volgens plan verloop, vertrek die vierstuks vandag Johannesburg toe vir ’n reeks afsprake. Hulle hoop om binne ’n maand weer terug te wees.
Mense wat hulle wil voorspoed toewens of hulp wil aanbied, kan Divan skakel by tel 073-063-1964.
More
News
|